fbpx
Vryheidsfront Plus

Nóg Dukwana, nóg ANC kan Vrystaat red

Die pas-aangewese premier van die Vrystaat, mnr. Mxolisi Dukwana, sal weens sy party se beleidstandpunte nie die provinsie uit verskeie verknorsings kan red nie.

Dukwana bly ‘n lojale lid van die ANC. Die regerende party is in sy kern korrup en Dukwana se aanwysing as premier gaan nie enige verandering of verbetering in die provinsie bring nie. Die oorsaak van die probleem lê allereers by die organisasie.

Die ANC het oor en oor bewys hy sal ten alle koste sy beleid van regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) verdedig.

Dit is grootliks vir eie gewin, al is dit tot nadeel van dienslewering. Die Vrystaat is geen uitsondering nie.

Dukwana, wat voorheen LUR van samewerkende regering en tradisionele sake in die Vrystaat was, kon geen verbetering aan munisipaliteite in hierdie provinsie bring nie.

Inteendeel, die provinsiale ingrepe by verskeie munisipaliteite in die Vrystaat het weens ANC-onvermoë misluk.

Die verval is sigbaar in die provinsie se munisipaliteite, waar dienste ‘n uitsondering eerder as ‘n reël geword het.

Die provinsie se padnetwerk is van die swakste in die land. Gesondheidsorg is onder druk weens swak bestuur en hospitale en klinieke word nie in stand gehou nie.

Die werkloosheidskoers, veral onder die jeug, is hemelhoog. Armes raak armer terwyl slegs ‘n klein elite ryker word onder die vaandel van SEB.

In werklikheid is dit kaderkartelle wat bloot ‘n netwerk van ANC-konneksies is wat regeringkontrakte kry, maar geen waarde vir geld lewer nie.

Hierdie mislukte kontrakte kom Vrystaters keer op keer duur te staan.

Die VF Plus sal Dukwana as premier met ‘n valkoog dophou en hom en sy party tot verantwoording roep vir die toestand waarin die provinsie hom bevind.

Die Vrystaat gaan nie verbeter terwyl die ANC regeer nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.