fbpx
Vryheidsfront Plus

Nalatige ANC-munisipaliteit vernietig nog ‘n kultuurskat in Potchefstroom

Weens skreiende nalatigheid en 'n gebrek aan instandhouding, is nog ‘n Afrikaner-kultuurskat vanoggend in Potchefstroom vernietig.

Die smitswinkel by die President MW Pretoriushuis-museum, het ineengestort na jarelange strukturele verwaarlosing. Die gebou is in 1842 opgerig en was een van die eerste geboue in die Potchefstroom-omgewing.

Die VF Plus het reeds telkemale in die verlede beroepe op die JB Marks-munisipaliteit gedoen om die rykdom van erfenisgoedere van alle kultuurgemeenskappe in JB Marks na waarde te skat, behoorlik te benut en effektief vir die nageslag te bewaar.

Hierdie is nou reeds die derde soortgelyke voorval in drie maande in Potchefstroom.

Ironies genoeg is die direkteur verantwoordelik vir kultuur en bewaring by die JB Marks-munisipaliteit, Cyril Hendry, verlede week deur die Valke in hegtenis geneem vir bedrog. Dit is tekenend van die totale gebrek aan insig, waardering en respek vir erfenisgoedere onder die ANC-bewindhebbers op alle vlakke van regering.

Dit is ook 'n wekroep vir alle kultuurgemeenskappe in JB Marks om eienaarskap te neem van hul erfenis en te verseker dat dit bewaar word.

Die VF Plus hou die ANC-beheerde JB Marks-munisipaliteit direk verantwoordelik vir hierdie voorval en sal daarop aandring dat die gebou herbou word en dat die munisipaliteit volle aanspreeklikheid aanvaar.

Navrae: 076 294 2998

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.