fbpx
Vryheidsfront Plus

Nala-donkerte nie inwoners se skuld

Die munisipale bestuurder van die Nala-munisipaliteit, Chris Mokomola, was huiwerig om antwoorde te verskaf oor vrae van die VF Plus of die elektrisiteitstoevoer na Bothaville en Wesselsbron in die Nala-munisipaliteit afgesny gaan word aangesien ‘n afbetalingsooreenkoms met die elektrisiteitsvoorsiener nie nagekom word nie.

Die VF Plus het Mokomela telefonies gevra of die elektrisiteit na die dorpe afgesny gaan word. Sy reaksie was dat die publiek eerder aangemoedig moet word om hulle rekeninge te vereffen.

Mokomela se benadering dui op onkunde en ‘n gebrek aan finansiële dissipline deur die bestuur van die Nala-munisipaliteit wat Eskom teen Desember 2017, toe die terugbetalingsooreenkoms bereik is, meer as R175 miljoen geskuld het.

Swak finansiële bestuur is die oorsaak van die kragkrisis waarin Nala, soos talle ander Vrystaatse munisipaliteite, homself tans bevind.

Betalende inwoners mag nie weens swak finansiële bestuur in Nala geraak word nie. Die munisipaliteit het ‘n verantwoordelikheid teenoor sy inwoners om te verseker dat dienste gelewer word en diensverskaffers betyds betaal word.

Die VF Plus sal in die raad vra wat die betalingsooreenkoms met Eskom was en waarom Nala tans nie sy ooreenkoms met die elektrisiteitsvoorsiener nakom nie.

Kontaknommers: 082 770 6201

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.