fbpx
Vryheidsfront Plus

N18-ongelukspad: VF Plus tree op

Die VF Plus het ingegryp ná die gru-ongeluk verlede naweek op die N18 tussen Hartswater en Jan Kempdorp in ‘n poging om die pad veiliger te maak en lewens te red.

Die party het 'n dringende vergadering met toepaslike rolspelers aangevra om die aangeleentheid te bespreek en oplossings te vind.

Die waarnemende munisipale bestuurder van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (,Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstat) me. Busi Mgaguli, is versoek om die vergadering in haar amptelike hoedanigheid te belê.

Die vergadering is bygewoon deur Phokwane se verkeersafdeling, provinsiale verkeersafdeling, vervoer, die veiligheids- en skakeleenheid van die polisie in Hartswater, georganiseerde landbou, gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), die burgemeester, speaker, waarnemende munisipale bestuurder, raadslede en die interne ouditspan van die Phokwane-munisipaliteit.

Tydens die vergadering het die polisie en die verkeersafdeling hul probleme en beperkinge ter tafel gelê.

Die grootste bron van kommer is finansiële tekorte. Dit beperk sigbare polisiëring. Die verkeersafdeling het nogtans onderneem om veiligheid op te skerp met meer padversperrings.

Sigbaarheid van sowel die polisie as die verkeersafdeling is 'n belangrike deel van die plan. Volledige verslae word van hulle verwag.

‘n Gefokusde taakspan is saamgestel en sal weer op 11 November vergader om voorgestelde oplossings te oorweeg.

Die taakspan bestaan uit die VF Plus se raadslid in die Frances Baard-distriksmunisipaliteit, mnr. Theo Joubert, lt-kol. Unis Mathlako van die polisie, mnr. Surgeon Mmusi van die Phokwane-verkeersafdeling, me. Ingrid Shaping, provinsiale verkeershoof, me. Christelle Stohman van die Vaalharts-landbou-unie, mnr. Johan Heins van die GPF en me. Thembi Pule, waarnemende bestuurder vir korporatiewe dienste van die Phokwane-munisipaliteit.
.
Die VF Plus hoop dat dié taakspan daarin sal slaag om tragiese ongelukke in die toekoms te kan voorkom.

Dit is jammer dat dit nóg ‘n gru-ongeluk waarin jong mense omgekom het, geneem het om tot stappe oor te gaan om die N18 te beveilig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.