fbpx
Vryheidsfront Plus

Mynhuis hof toe oor grondgrype in Westonaria

Die honderde onwettige plakkers wat die afgelope week hul intrek op myn- en private grond buite Westonaria geneem het, kan nie langer geduld word nie.

Die eerste grond wat langs die R28 beset is, behoort aan die myngroep Sibanye Gold en ‘n private eienaar.

Die besetters is gou van die grond verwyder, maar het ‘n dag later teruggekeer en het op ‘n aangrensende stuk grond, tussen mynhuise, hul sinkhuise gebou. 'n Hofbevel is toegestaan en besetters sal waarskynlik vandeesweek deur die Rooi Miere-sekuriteitsgroep verwyder word.

Grondeienaars bestee duisende rand om onwettige plakkers deur ‘n hofbevel van hul grond te verwyder terwyl owerhede ongevoelig toekyk hoe onskuldiges van hul grond beroof word.

Grondbesetters kan nie op grond sonder behoorlike dienste gehuisves word nie. Wanneer munisipaliteite toelaat dat mense lukraak plakkershuise bou, kan so ‘n gemeenskap nie behoorlik funksioneer nie.

Die VF Plus in Rand West keur onwettige grondbesetting ten sterkste af. Hierdie is weereens ‘n bewys van ‘n ANC-beheerde munisipaliteit wat gefaal het.

Kontaknommer: 082 565 2336

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.