fbpx
Vryheidsfront Plus

Munisipaliteite in Mpumalanga skuld Eskom miljarde

Die haglike stand van Suid-Afrika se munisipaliteite en ‘n bydraende faktor tot Eskom se geldprobleme word deeglik geïllustreer deur die situasie in Mpumalanga waar die VF Plus vasgestel het dat net tien munisipaliteite se skuld aan Eskom R12,5miljard beloop.

Dit blyk uit ‘n antwoord van Mpumalanga se LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Busisiwe Shiba, op ‘n vraag van die VF Plus oor die aangeleentheid.

Die groot sondaar is die eMalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank) wat R5.5 miljard aan Eskom verskuldig is.

Die ander munisipaliteit is:

Hieruit blyk dit duidelik dat munisipaliteite die geld wat getroue belastingbetalers aan hulle betaal vir  elektrisiteit, nie aan Eskom oorbetaal word nie, maar aanwend word vir ander doeleindes.

Mpumalanga se regering sal dringend moet ingryp en druk plaas op munisipaliteite om hul verpligtinge teenoor Eskom na te kom om te verhinder dat plaaslike ekonomieë ten gronde gaan.

Indien nie, sal die hy die verantwoordelikheid moet aanvaar vir die verliese wat sake-ondernemings en inwoners gaan ly indien Eskom besluit om sy dienste aan die onderskeie munisipaliteite te staak.

Die moontlikheid van ingryping deur administrasie is nogtans nie vir die VF Plus ‘n opsie nie aangesien daar reeds herhaaldelik ervaar is dat dit bloot lei tot groter ongerymdhede en wanbetaling.

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.