Die VF Plus het beswaar aangeteken teen die naamsverandering van die Tlokwe-munisipaliteit na JB Marx en beskou dit as ‘n onnodige vermorsing van geld, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
Dr. Groenewald sê Ventersdorp het groot geldelike probleme en die geld wat op die naamsverandering bestee gaan word, kon veel beter aangewend word om dienslewering, behuising en ander probleme op Ventersdorp te verbeter.
“Daar moet nou vrugtelose uitgawes aangegaan word soos briefhoofde, alle dokumentasie en naamborde wat verander moet word. Ventersdorp kon bloot ingeskakel word by Tlokwe sonder enige naamsverandering.
“Die VF Plus is in beginsel daarteen gekant dat persone se name gebruik word om plekke of strate te benoem. ‘n Nuwe regering kan byvoorbeeld nie daarvan hou dat JB Marks vernoem is nie, en sal dit weer wil verander. Dit is kortsigtig en neutrale name moet eerder gebruik word,” sê dr. Groenewald.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216