fbpx
Vryheidsfront Plus

Munisipale bestuurder van Govan Mbeki beloof herstel van vullisverwyderingsvoertuie ná druk van VF Plus

Ná druk van die VF Plus het die munisipale bestuurder van die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (GMM), Elliot Maseko, belowe dat daar teen die einde van Februarie weer 15 werkende vullisverwyderingsvoertuie beskikbaar sal wees vir gereelde vullisverwydering.

Tans is slegs vier uit die beskikbare 20 vullisverwyderingsvoertuie in ‘n werkende toestand vir ‘n munisipaliteit wat agt dorpe moet bedien.

Die GMM bedien Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda en Trichardt.

Inwoners van die GMM moet soms tot drie weke op ’n slag wag voordat die munisipaliteit hul vullissakke verwyder.

Sommige inwoners het begin om self hul vullis weg te ry, terwyl ander hul vullissakke nét so op die sypaadjie los om hul misnoeë te kenne te gee.

Dit lei egter daartoe dat haweloses en rondloperhonde die vullissakke oopskeur en rommel die strate vol strooi.

In Desember 2022 was daar 15 werkende vullisverwyderingsvoertuie, maar dié het een-een gebreek tot daar nou slegs vier beskikbaar is.

Tydens ‘n raadsvergadering op 26 Januarie is verskonings soos pap bande en ‘n gesloer met die bestelling van onderdele aangevoer.

Die VF Plus het Maseko op 3 Februarie weer voor stok gekry waarna hy bevestig het dat hy reeds met die betrokke departemente vergader het en belowe dat daar teen einde Februarie 15 werkende vullisverwyderingsvoertuie beskikbaar sal wees.

Die VF Plus sal aanhou druk plaas op Maseko en die ANC-beheerde raad om die dienste te lewer waarvoor inwoners ten duurste betaal.

Inwoners kan nie langer gestraf word vir die ANC se onbevoegdheid en finansiële wanbestuur van die munisipaliteit nie.

Die inwoners van die GMM verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.