Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

MT Steyn: EFF se studenteraad-president vernietig UV-versoeningsdroom

Die boodskap wat Sonwabile Dwaba, nuutverkose studenteraad-president (SR-president) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en EFF-verteenwoordiger Donderdag uitbasuin het, is dat wit studente en hul geskiedenis nie welkom is op kampus nie.

Die VF Plus sal met die rektor van die UV vergader ten einde die onverdraagsaamheid van die huidige studente-leierskap aan te spreek.

Dwaba het studente versoek om hom te help om “Steyn te laat val”, met verwysing na die standbeeld van oud-president MT Steyn.

Die UV se droom van versoening en gelyke geleenthede vir almal is die nekslag toegedien met die uitsprake van die nuutverkose SR-president. Onverdraagsaamheid, haat, nyd, wanbegrip, rassisme en ‘n gebrek aan kennis was die ondertoon van Dwaba se toespraak en is ‘n aanduiding van wat die komende termyn gaan behels.

Dieselfde MT Steyn wie se standbeeld glo vir sekere studente aanstoot gee se visie was juis ‘n hoër-onderwysinstelling in die Vrystaat, naamlik die UV, waar hierdie einste studente nou die voorreg tot hoër onderrig geniet.

Dwaba, ‘n studenteleier, behoort van beter te weet. Hy behoort homself ten minste van die feite te vergewis alvorens hy opruiende, ondeurdagte en onverdraagsame uitsprake maak. Sy swak leierskap voorspel niks goed vir die SR se termyn nie.

Die openbare deelnameproses wat met betrekking tot die toekoms van die standbeeld op die kampus van stapel gestuur is, word deur hierdie kwaadwillige uitsprake ondermyn. Studente wat mondelinge voorleggings gedoen het, was hoofsaaklik ten gunste van die behoud van die standbeeld. Hierdie voorleggings moet in ag geneem word en nie die betogende studente buite die lokaal nie, omdat hulle nie aan die diskoers deelgeneem het nie.

Suid-Afrikaners moet kennis neem van die verkiesing in die kleine op die UV-kampus. Die EFF stel onverdraagsaamheid en rassisme ten toon oral waar hulle betrokke is. Sulke rassehaat mag nie geduld word nie.

Kiesers en spesifiek die stemgeregtigde jeug mag nie toelaat dat beide hul geskiedenis en toekoms onteien word nie.
Alle studente behoort ewe welkom te voel op die kampus. Almal se geskiedenis is belangrik en behoort bewaar te word. Standbeelde moet bygevoeg word, nie weggeneem word omdat ‘n kultuur van haat en onverdraagsaamheid deur leierskap gekweek word nie.

Kontaknommer: 082 490 6663

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.