fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

MRK sloer met ondersoek na waterkrisis in Breyten

Dit is onaanvaarbaar dat die menseregtekommissie (MRK) al sedert Oktober 2022 sloer met 'n ondersoek na die waterkrisis in Breyten in die Msukaligwa plaaslike munisipaliteit (Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo, Lothair).

Reeds voor die 2021-plaaslike verkiesing het die inwoners onder erge watertekorte gebuk gegaan.

Nie eens die nuut verkose raad kon daarin slaag om ‘n permanente oplossing vir dié waterkrisis te vind nie.

Die VF Plus het ná vele mislukte vertoë aan die lid van die munisipale komitee van tegniese dienste, Thenjiwa Motha, ‘n grief oor dié probleem by die destydse waarnemende
munisipale bestuurder, Bonginkosi Sibeko, op 13 Julie 2022 ingedien. Water was daarna vir ‘n beperkte aantal dae beskikbaar.

In September 2022 het die krisis vererger. Gereelde oproepe na die inbelsentrum, skrywes en griewe waarin die watertekorte aangemeld is, het op dowe ore geval.

Die VF Plus het weer op 13 September 2022 'n grief oor dié probleem ingedien by die opvolgende waarnemende munisipale bestuurder, mnr. C.J. Lisa, sonder enige optrede.

Dit is duidelik dat die verantwoordelike amptenare nie ernstig oor dienslewering is nie.

Weens die traagheid van die amptenare om hierdie probleem aan te spreek, was die VF Plus in Oktober 2022 genoop om dié probleem by die MRK te rapporteer. Die kommissie is gevra om ‘n dringende ondersoek na die oorsake van hierdie probleem in te stel sodat ‘n permanente oplossing gevind kon word.

Hierdie ondersoek vorder egter teen ‘n slakkepas en die inwoners is ná sewe maande steeds sonder water.

Daar is selfs ‘n inwoner wat al vir drie jaar sonder enige water is.

Dit word al hoe duideliker dat die ANC se slagspreuk, Batho Pele (mense eerste) geen betekenis vir die ANC-amptenary en -politici van Msukaligwa het nie.

Die VF Plus sal, ongeag al die frustrasies en struikelblokke, voortgaan om ‘n beter lewe vir almal te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.