fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

MRK-ondersoek na Dawid Kruiper-munisipaliteit toon goeie vordering

Die menseregtekommissie (MRK) se ondersoek na die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Rietfontein, Louisvale) se onvermoë om voldoende drinkwater te verskaf, toon goeie vordering.

Die VF Plus het op 15 Februarie vanjaar ‘n klag hieroor by die MRK teen Eskom ingedien.

Mnr. Anthony Wyngaard, ‘n senior regsbeampte van die MRK, het vandag bevestig dat verskeie oorsigbesoeke na die gebied in die volgende drie weke sal plaasvind.

Skole, hospitale, klinieke en tehuise vir bejaardes sal onder meer besoek word.

Die doel van die besoeke is om die omvang van die watertekorte vas te stel. Tydens hierdie oorsigbesoeke sal die VF Plus die MRK vergesel.

Die VF Plus beplan ook om saam met die MRK met die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit te vergader om die uitwerking van beurtkrag op die watervoorsieningsaanlegte te bespreek.

Die rede hiervoor is dat die watervoorsieningsaanlegte tydens beurtkrag nie voldoende water kan lewer nie en afgeleë gebiede soms dae sonder water is.

Eskom het vanaf Januarie 2023 die Abraham Holbors September-waterwerke verskeie keer van beurtkrag vrygestel sodat tekorte aangevul kon word.

In die klag word versoek dat die watervoorsieningsaanlegte geheel en al van beurtkrag vrygestel word.

Water is en bly een van die mees basiese menseregte en daar sal aanhoudend druk uitgeoefen word om hierdie reg te beskerm.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.