fbpx
Vryheidsfront Plus

Mpumalanga-regering het nie erns om geweld in Middelburg werklik te bestry

Gewelddadige betogings is steeds aan die orde van die dag in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) terwyl die regering van Mpumalanga hom daarteen blind staar.

Ten spyte van vele vrugtelose versoeke van die VF Plus aan die regering om in te gryp, het dit nou tot die verlies aan menselewens gelei.

Die munisipale betoging in Middelburg het gister 'n kookpunt bereik waartydens twee betogers doodgeskiet en nog twee kritiek gewond is.

Die voorval was glo toe sekerheidswagte op die toneel hulself teen aggressiewe stakers beskerm het nadat 'n skietgeveg uitgebreek het.

Die betogers het selfs 'n paramedikus aangerand terwyl hy probeer het om noodbehandeling op een van die gewondes op die toneel toe te pas.

Dit is betreurenswaardig dat betogings nou so gewelddadig raak dat dit tot lewensverlies lei.

Die VF Plus het in September verlede jaar 'n dringende versoek gerig aan die provinsie om in te gryp by die munisipaliteit se probleme.

Dit het op dowe ore geval en die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, is daarna met dieselfde versoek genader. Die VF Plus het onder meer gevra dat die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, meer polisielede ontplooi om gewelddadige betogings by die munisipaliteit in bedwang te bring.

In November verlede jaar het die VF Plus 'n dringende skrywe gerig aan die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Semakaleng Manamela, waarin gevra word om dringend in te gryp in die toenemende krisis en eskalerende geweld in Middelburg.

Ook dit het geen reaksie opgelewer nie. Die VF Plus het daarop 'n klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien om in te geryp. Ook daarvan het niks gekom nie.

Daar moet nou sonder skroom opgetree word teen die onwettige optrede van munisipale amptenare wat die veiligheid van inwoners bedreig en die eens vooruitstrewende dorp van Middelburg in ‘n rommelhoop verander.

Die VF Plus het vanoggend weer 'n dringende skrywe ingedien by die premier se kantoor oor die aangeleentheid en sal aanhou druk toepas tot daar optrede is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.