Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mopani-distriksmunisipaliteit verseker Kampersrus dat watervoorsieningsprojek teen Junie voltooi sal wees

Die Mopani-distriksmunisipaliteit (MDM) se watervoorsieningsprojek vir Kampersrus sal na verwagting teen Junie voltooi wees.

Die burgemeester van die Maruleng-plaaslike munisipaliteit, mnr. Tsheko Calais Musolwa, en mnr. Paradise Shilowa, direkteur vir waterdienste by die MDM het inwoners Woensdagaand dié versekering gegee.

Die waterkrisis wat dié dorp al etlike jare teister, sal volgens hom teen einde Junie 2023 opgelos wees. Kampersrus is ʼn klein dorpie buite Hoedspruit.

Daar is in 2010 met ʼn grootmaat rioolsuiweringsaanleg en watervoorsieningsprojek, die Kampersrus Watervoorsiening & Rioolskema, begin.

Sedert 2017 word die projek as 98% voltooi aangedui in verslae, maar die regte grootte transformator het gekort. Sodra dit geinstalleer is, sal die skema water vanaf die Blydedam verkry.

Tans is Kampersrus afhanklik van twee boorgate, Soetdoring en Boekenhout, vir watervoorsiening.

Onlangs het die MDM die Soetdoring-boorgat se pomp vervang en dele van Kampersrus het wel water.

Die Boekenhoutpompstasie se pomp het vier maande gelede onklaar geraak en sal binne die volgende twee weke ook vervang word.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen om te verseker dat die watervoorsieningsprojek wel teen die spertyd van einde Junie voltooi en in werking is.

Die inwoners van Kampersrus verdien beter as die ANC.


Kontakbesonderhede: 072 298 5467

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.