Die moord gisteraand op mnr. Schalk Pienaar, ’n bekende plaaslike sakeman, prokureur en oud-parlementslid, is skokkend.
Mnr. Pienaar is by sy woning aangeval en doodgeskiet. Die motief vir die moord is nog onbekend.
Die voorval het binne ‘n blok van my woning plaasgevind terwyl ek besig was om te werk.
Ek het etlike boodskappe van inwoners ontvang wat my ingelig het dat daar baie polisielede in die gebied was en wou weet wat gebeur het.
Sekuriteitsbeamptes het my later kom vra vir beeldmateriaal wat met my geslote baan-kamera opgeneem is.
Ek was jare lank bevriend met mnr. Pienaar en wil namens die VF Plus my skok en medelye oor die voorval deel met sy naasbestaandes.
Hy was ‘n steunpilaar in sy gemeenskap en dit is jammer dat hy nou ook deel van die land se buitensporige misdaadstatistiek geword het.
Dit is belangrik dat die publiek besef hoe belangrik dit is om deel te raak van plaaslike veiligheidsstrukture en die VF Plus in Limpopo se provinsiale kantoor is bereid om mense hiermee te help.
Skakel gerus ons provinsiale kantoor by 015 590 7033 en ons sal u help om te skakel by ‘n veiligheidsstruktuur in u omgewing.