fbpx
Vryheidsfront Plus

Mooibank-besettingsage illustreer rampspoedige gevolge van ANC-politiekery vir JB Marks

Die Mooibank-grondbesetters by Potchefstroom is vandeesweek ná ‘n uitgerekte proses van meer as twee jaar na ‘n stuk grond aangrensend tot Dassierand in die dorp verskuif.

Die verskuiwing volg nadat die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) en die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming ‘n uitsettingsbevel verkry het.

Die betrokke owerhede het egter in weerwil van die hofbevel gesloer om dit tot uitvoer te bring.

‘n Plaaslike vereniging vir eiendomseienaars moes toe weer die hof nader om die owerhede te dwing om die hofbevel uit te voer.

Die VF Plus het in hierdie tydperk deurlopend druk toegepas om seker te maak dat die belange van die Mooibank-gemeenskap beskerm word teen die gevolge van die onwettige besetting.

Die besetting het gelei tot groot ontwrigting in die gemeenskap met voorvalle van geweld, ‘n toename in misdaad en die besoedeling van die omgewing en waterbronne.

Die hantering van die situasie is van meet af aan deurlopend gekenmerk deur inmenging van plaaslike ANC-politici in die munisipale raad en elders in die gemeenskap.

Die optrede van hierdie politici het opnuut die feit belig dat die ANC net in eiebelang optree en geen respek het vir die reg of die belange van die inwoners van JB Marks nie.

Honderdduisende rand van belastingbetalers se geld is in die proses bestee.

Die ANC-optrede het voordurend gelei tot vertragings om die hofbevele uit te voer en het telkens pogings van die munisipale bestuur om die situasie doeltreffend te hanteer, in die wiele gery.

Die onbevoegdheid van die ANC in die professionele en verantwoordelike bestuur van ‘n munisipaliteit is ook op die voorgrond geplaas.

Geen begrip is onder meer getoon vir die noodsaaklikheid om behoorlike ruimtelike beplanning te doen of om nougeset die bestaande, goedgekeurde planne in werking te stel nie.

Hierdie beplanning is teen groot koste deur professionele munisipale amptenare in konsultasie met stadsbeplanners uit die privaatsektor opgestel.

‘n Voorval soos die Mooibank-besetting sou nooit plaasgevind het indien die basiese beginsels van professionele beplanning- en bestuur in die munisipaliteit gevolg is nie.

Die VF Plus sal voortgaan om te stry vir die herstel van ‘n skoon, professionele regering in die JB Marks-plaaslike munisipaliteit tot voordeel van alle inwoners.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.