fbpx
Vryheidsfront Plus

Mogale City gee nie om oor die voorkoms van die dorp of belastingbetalers nie

Die stadsraad van Mogale City gee nie ‘n duit om oor die algemene voorkoms van die dorp nie en nog minder oor die belange van die belastingbetalers.

Die VF Plus was verlede week deel van ‘n aksiegroep om die stadsraad tydens ‘n openbare integrale ontwikkelingsplan-vergadering tot verantwoording te roep rondom die huidige oorhoofse kabel- aanleg vir optiese veselkabels-installasies in Krugersdorp.

Inwoners is onder die indruk gebring dat die installering deurgaans ondergronds gaan plaasvind. Dié proses was egter van korte duur met die diensverskaffer se ommeswaai weens hoë onderhoudskoste en daar is toe besluit om die projek eerder bogronds voort te sit sonder insette van die belastingbetalers.

Hierdie goedkoper en makliker manier om teerpale ongeorganiseerd op sypaadjies te plant, is nie aanvaarbaar vir inwoners nie en die VF Plus se raadslede gaan die munisipaliteit tot verantwoording roep rondom verskeie onreëlmatige besluitnemings rakende die projek.

Die party is nie gekant teen tegnologiese ontwikkeling nie, maar met ‘n projek van só ‘n groot omvang, moet die inwoners ingelig word.

‘n Steekproef kan nie net oor die internet gedoen word nie. Die stadsraad kan ook nie nou, nadat die projek reeds in wording is, besluit om ‘n openbare vergadering te belê nie.

Die burgemeester het nie eens die moeite gedoen om die vergadering by te woon nie en die afvaardiging van burgemeesterskomiteelede wat hy gestuur het, kon geen antwoorde oor die aangeleentheid verskaf nie.

Die VF Plus gaan ‘n skrywe aan die burgemeester rig met inwoners se besware.

Krugersdorp se belastingbetalers verdien ‘n regverdige antwoord oor die saak aangesien dit hulle is wat die dorp se enjinkamer aan die gang hou.

Kontaknommer: 082 806 7891

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.