fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister van hoër onderwys teiken Afrikaans onder die dekmantel van transformasie

Die woord transformasie in hoër onderwys betekend eintlik daar is nie plek vir Afrikaans by die land se universiteite nie, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys.

Dr. Groenewald het met die begrotingstem-debat vir die departement van hoër onderwys en opleiding verwys na die Noordwes Universiteit se PUK-kampus en het gesê die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, het twee stelle reëls vir Afrikaans en Engels. Dit misbruik hy om Afrikaans te teiken waar dit slegs nog oorwegend as onderrigtaal gebruik word.

Hy sê uit 38 universiteitskampusse in Suid-Afrika, is daar net twee wat oorwegend Afrikaans is, naamlik die PUK-kampus, en die Universiteit van Stellenbosch, alhoewel die Grondwet van Suid-Afrika (artikels 6 en 29(2)) bepaal dat dit elke persoon se reg is om moedertaalonderrig te ontvang, en dat daar enkelmedium-universiteite mag wees om uitvoering te gee aan dié reg.

“In sy aanval op Afrikaans sê die minister taal mag vir niemand ‘n hindernis wees nie. By die Universiteit van Kaapstad is ‘n Engelse taaltoets egter ‘n voorvereiste vir toelating. Slaag jy dit nie, kan jy nie daar studeer nie. Dit is dubbele standaarde, en boonop in ‘n provinsie waar 60% van die mense Afrikaans praat.

“Die minister kan ook daarop let dat die meeste mense wat Afrikaans praat nie wit is nie, maar bruin. Hy mislei homself daarom om te dink as jy Afrikaans praat, moet jy wit wees. Die minister onderskat duidelik mense se intelligensie as hy sê hy het niks teen Afrikaans nie,” sê dr. Groenewald.

Oor die aanslag teen die PUK het dr. Groenewald verwys na die sogenaamde Nazi-saluut en gesê toe ‘n koerant die liedjie van swart en wit studente uit verband geruk het, was die minister self vinnig om ‘n verklaring uit te reik wat dit sterk veroordeel, welwetende dit was nie ‘n Nazi-saluut nie.

“Maar wanneer die voorsitter van Wits se studenteraad Adolf Hitler besing, dan swyg die minister. Hy het dit tot vandag toe nie veroordeel nie. Dit wys mos hy is bevooroordeel teen die Noordwes Universiteit se PUK-kampus.

“As die minister sê hy het niks teen Afrikaans nie, wil ek vir hom sê ek het niks teen hom nie. Maar hoër onderwys in Suid-Afrika sal in almal se belang beter daaraan toe wees sonder so ‘n minister in die pos,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.