fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister moet antwoorde gee oor Russiese kommersiële vliegtuig op Waterkloof

Daar is baie onbeantwoorde vrae oor die landing van ʼn kommersiële Russiese vragvliegtuig op die lugmagbasis Waterkloof verlede week.

Die aangeleentheid maak reeds internasionaal opslae en ʼn berig daaroor het onder meer in die New York Times verskyn.

Alhoewel die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, sê daar is vooraf toestemming gegee vir die landing, moet sy sê waarom die Waterkloof-lugmagbasis in besonder gebruik is.

Volgens die minister was die vrag vir die Russiese ambassade en dat items soos diplomatieke pos nie deursoek kan word nie.

Dit is egter buitengewoon dat die Waterkloof-lugmagbasis vir dié doel gebruik word.

Die VF Plus sou van die minister wou weet of daar ook ander lande is wat gebruik maak van die Waterkloof-lugmagbasis om hul diplomatieke pos te laat aflewer.

Daar moet onthou word dat Waterkloof ʼn militêre lugmagbasis is en nie vir kommersiële doeleindes gebruik word nie.

In hierdie geval was dit wel ʼn kommersiële vliegtuig van Rusland wat op ʼn Suid-Afrikaanse militêre basis geland het.

Die ANC-regering skiet hom gereeld in die voet oor sy standpunt teenoor Rusland. Hy sê hy wil ʼn neutrale rol speel maar al sy optredes getuig daarvan dat hy partydig is ten gunste van Rusland.

Om hierdie rede moet ook gevra word of hierdie toegewing ʼn spesiale guns was net om Rusland ter wille te wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.