fbpx
Vryheidsfront Plus

Mimi Fourie-woonstelblok in Vereeniging onveilig vir bejaardes

Die VF Plus het vandeesweek die Emfuleni-munisipaliteit gewaarsku om dringend aandag aan die Mimi Fouriehof-woonstelgebou in Vereeniging te skenk omdat dié munisipale gebou onveilig vir sy 140 bejaarde inwoners geword het.

Volgens ‘n inspeksieverslag van die Emfuleni-munisipaliteit het die munisipaliteit se onvermoë om die gebou te onderhou daartoe gelei dat die riool- en sanitasiestelsel feitlik disfunksioneel is. Pleisterwerk val ook van die mure af.

Om inwoners verder te verontrief het die finansiële hoofbeampte van Emfuleni opdrag gegee om die gebou se elektrisiteit te sny waarna die VF Plus hom daarop gewys het dat inwoners van voorafbepaalde krag gebruik maak. Die kragtoevoer is daarna herstel.

Die VF Plus wil ‘n soortgelyke tragedie soos dié van Hoërskool Driehoek vermy en versoek die munisipaliteit om inwoners tydelik te hervestig totdat die gebou weer veilig is. Gesien in die lig van Emfuleni se benarde finansiële toestand is dit onwaarskynlik dat die munisipaliteit miljoene kan bestee om bejaardes te hervestig.

Intussen word bejaardes tussen die ouderdom van 65 – 95 gedwing om in haglike omstandighede te woon.

Die VF Plus betreur die toestand van die gebou en hou die Emfuleni-munisipaliteit ten volle verantwoordelik vir die agteruitgang daarvan.

Die volle munisipale verslag is by raadslid Gerda Senekal beskikbaar.

 

Kontaknommer: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.