fbpx
Vryheidsfront Plus

Midvaal skors hoof finansiële beampte

Die VF Plus verwelkom Midvaal-munisipaliteit se besluit om sy hoof finansiële beampte, mev. Annette van Schalkwyk, te skors na bewerings van ongerymdhede.

Drie senior uitvoerende amptenare is reeds geskors. Hulle is mnre. Albert de Klerk (munisipale bestuurder), Thom Peeters (adjunk-munisipale bestuurder) en mev. Van Schalkwyk.

Die VF Plus verwelkom hierdie optrede, selfs al het die VF Plus die aanvanklike klagte jare gelede reeds ingedien. Daarom is die VF Plus verbaas dat die burgemeester, rdl. Bongani Baloyi, voorgee dat die ongerymdhede onlangse gebeure is.

Die VF Plus wil die burgemeester in hierdie verband wys op die tersaaklike verslag van die voormalige Openbare Beskermer (OB), adv. Thuli Madonsela, asook op verskeie ondersoekverslae van die spesiale ondersoekeenheid oor die aangeleentheid.

Dit is verblydend dat die DA uiteindelik erken dat daar ongerymdhede in die stadsraad bestaan alhoewel dit kommerwekkend is dat dit in hierdie stadium net op uitvoerende amptenaarvlak geskied.

Die VF Plus dring daarop aan dat die ondersoek dringend na raadslede en amptenare uitgebrei word. Daar moet ook ondersoek ingestel word na reistoelaes, reis- en verblyfkoste, alle tenders, inmenging by stadsbeplanning, nepotisme en ook die misbruik van toekennings aan armlastiges.

 

Kontaknommer: 071 640 7283

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.