fbpx
Vryheidsfront Plus

Midvaal-munisipaliteit verarm bejaardes deur korting op eiendomsbelasting op te skort

Die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) verarm bejaardes met ‘n besluit om 'n korting van R70 000 op eiendomswaardasies aan seniors op te hef.

Die VF Plus het aan die begin van 2020 die raad versoek om ‘n belastingkorting aan senior burgers op eiendomsbelasting toe te staan. Die korting het gedurende die Covid-19-pandemie finansiële verligting aan baie bejaardes gebring.

Die korting van R70 000 op eindomswaardasies is ook toegestaan aan armes, kerke en kwalifiserende instansies wat ‘n verminderde bedrag aan eiendomsbelasting beteken het.

Die munisipaliteit het tydens ‘n raadsvergadering besluit om die kortingsbesluit te herroep en geen rabatte aan bejaardes of kerke meer toe te staan nie.

Die VF Plus veroordeel die DA-beheerde munisipaliteit vir die ondeurdagte besluit omdat die land steeds in die kloue van ‘n pandemie verkeer en meer mense finansieel swaarkry en genoodsaak is om by hul bejaarde ouers te gaan woon.

Die party het voorgestel dat om die munisipaliteit se begroting te laat klop, die raad eerder reis- en verblyftoelae verminder en alternatiewe besparingsmoontlikhede ondersoek.

Die besluit deur die Midvaal-munisipaliteit is ‘n voorbeeld van sy onsensitiwiteit teenoor bejaardes en armes en daarom kan die VF Plus hom nie met die besluit vereenselwig nie.

Die VF Plus gaan die raad vra om die korting weer in te stel.

Navrae: 082 560 1414

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.