Midvaal se belastingbetalers kan hulself voorberei om ‘n halfmiljoen rand aan regskostes te betaal in ‘n lastersaak tussen die burgemeester, Bongani Baloyi, en die adjunk-munisipale bestuurder, Mnr. TW Peeters.
Dié lasteraksie volg nadat Baloyi glo op verskeie platvorms Peeters daarvan beskuldig het dat hy geld van mense geneem het in ruil vir munisipale betrekkings.
Die Midvaal-munisipaliteit het ‘n besluit goedgekeur om R500 000 te bewillig om die lastersaak te verdedig.
Die VF Plus is gekant teen die besluit en meen dat hierdie tipe hofgeding tussen individue deur hulself betaal moet word.
Kontaknommer: 082 560 1414