Die media word hiermee uitgenooi om ‘n Kruisplanting-seremonie by te woon ter nagedagtenis van alle padgebruikers wat slagoffers was van padongelukke in Gauteng.
Vanjaar is die 5 jaar herdenking van die 17-jarige Bernadine Kruger se afsterwe. Bernadine het haar lewe verloor nadat ‘n mini-bustaxi, op 23 Februarie 2009, haar vanaf haar bromponie gery het terwyl sy onderweg was na Hoërskool Garsfontein . Die taxibestuurder was aanvanklik aangekla vir strafbare manslag, maar na vertoë van die VF Plus is die klag verander na moord en is hy daaraan skuldig bevind.
Lede van die media word vriendelik uitgenooi na die Kruisplanting-seremonie:
Datum: Dinsdag, 18 Maart 2014
Tyd: 11:00
Plek: Hoek van Atterburyweg en January Masilela-rylaan
Vir meer inligting kontak Ansie Slabbert by 012 665 0564