fbpx
Vryheidsfront Plus

Matlosana-munisipaliteit mors geld met ondeurdagte diensleweringsooreenkomste

Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit, wat Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein bedien, dring daarop aan om geld te vermors en nie na werkbare voorstelle tot die teendeel te luister nie.

Die munisipaliteit, wat onlangs deur ‘n bitter magstryd is tussen twee strydende faksies in die ANC met die verwydering en herverkiesing van sy burgemeester, gaan gebuk onder ‘n geweldige diensleweringskrisis.

Vullisverwydering in die munisipaliteit, soos in vele ander Noordwes-munisipaliteite is ‘n geweldige probleem weens verskeie redes, waaronder ‘n gebrek aan voertuie en toerusting, arbeidsprobleme en swak bestuur en leierskap.

Die munisipaliteit huur tans vullisverwyderingstrokke teen ‘n astronomiese bedrag van R1,2 miljoen per maand. Die aankoopkoste van sodanige voertuie is R2,5 miljoen per voertuig.

‘n Voorstel deur die VF Plus dat daar behoorlik begroot moet word en dat die munisipaliteit oor die verloop van tyd sy eie voertuie moet aankoop, is summier deur die regerende ANC verwerp en is die kontrak met die sogenaamde diensverskaffer, in teenstelling met die wetlike voorgeskrewe prosedures, bloot vir ‘n verdere 12 maande verleng.

Die ANC verontagsaam gereeld wetlike voorskrifte, wat veroorsaak dat korrupsie en wanbestuur hoogty vier. Dit is onaanvaarbaar.

Kiesers moet besef dat die mag in hulle hande lê om die hopelose ANC-regering te ontsetel en vir bevoegde partye soos die VF Plus, wat terugslaan teen wanbestuur en korrupsie, te stem.

 

Kontaknommer: 084 872 4300

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.