fbpx
Vryheidsfront Plus

Matlosana-munisipaliteit herstel belangrike straat in Klerksdorp ná volgehou druk van VF Plus

Ná volgehoue druk van die VF Plus op die munisipale bestuurder van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein), Theetsi Nkhumise, het herstelwerk aan Buffeldoornweg in Klerksdorp vandag begin.

Buffeldoornweg is ‘n kern ekonomiese aar in Klerksdorp met baie groot ondernemings en kantore wat in die straat geleë is.

Inwoners van die omliggende woonbuurte, Wilkoppies, Flamwood, Doringkruin en Adamay View spreek lank reeds hul misnoeë uit met die munisipaliteit se gebrek aan die instandhouding van die straat.

Voertuie is al deur die slaggate beskadig en verkeersopeenhopings kom gereeld voor weens gedeeltes van die straat wat al só verval het dat dit bykans onbegaanbaar is.

Die VF Plus veg reeds vanaf September 2021 vir die herstel van dié betrokke pad en sal volhou om die herstel en instandhouding van kritieke infrastruktuur, soos die N12 in Klerksdorp, te laat prioritiseer.

Dit is skandelik dat die ANC-beheerde munisipaliteit toegelaat het dat miljarde rande se infrastruktuur tot só ‘n mate verval het dat dit die ekonomiese bedrywighede van inwoners ondermyn.

Navrae: 072 608 5583

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.