Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Matjhabeng: Provinsiale regering moet dringend ingryp met bankrekening waarop beslag gelê is

Ten spyte van talle hofbevele en betalingsooreenkomste, het die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) se wanbetaling van Eskomskuld daartoe gelei dat die elektrisiteitsvoorsiener op die munisipaliteit se bankrekening beslag gelê het.

Ondanks die feit dat Matjhabeng herhaaldelik faal om betalings aan die elektrisiteitsverskaffer te doen, is die VF Plus van mening dat daar ‘n verantwoordelikheid op Eskom bestaan om proaktief op te tree en nie toe te laat dat skuld tot so ‘n mate vermeerder dat daar op groot bedrae beslag gelê moet word nie.

Die munisipaliteit kom reeds nie sy wetlike verpligtinge na nie en inwoners ly as gevolg van jarelange swak dienslewering vanweë ‘n gebrek aan politieke en administratiewe leierskap.

Die beslaglegging op die munisipale lopende rekening sal die munisipaliteit se onvermoë om dienste te lewer en sy finansiële gesondheid net verder knou en sal onskuldige werknemers se salarisse in gedrang bring.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, Thembeni Nxangisa, versoek dat die provinsiale departement dringend moet ingryp om te voorkom dat onskuldige werknemers en inwoners van die munisipaliteit verder onder wanbestuur en onbevoegdheid ly.

Hy moet ook aandui hoe hy die munisipaliteit sal ondersteun om dienste te verseker.

Navrae: 082 886 9945

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.