fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung: VF Plus stem teen ANC se saamgeflansde begroting

 

Die VF Plus het vandag teen die Mangaung-metro se begroting gestem omdat belasting en tariewe nie vir dienslewering, ekonomiese groei, ontwikkeling en die verbetering van die lewens van alle metro-inwoners aangewend word nie.

Die VF Plus het tydens die begrotingsvergadering dit duidelik gestel dat tariewe nie hoër as die inflasiekoers behoort te wees nie.

Dié tariefverhogings hou nie tred met die werklikheid van die arbeidsmark en die plaaslike ekonomie ná Covid-19 nie. Die plaaslike ekonomie is nog steeds op pad na herstel en daarom is hierdie verhogings ver bo inflasie onaanvaarbaar.

Die begroting is befonds deur die buitensporige verhoging van tariewe en belastings en 'n onrealistiese skatting van inkomste. Die begroting moet eerder befonds word deur die effektiewe bestuur en beheer van uitgawes.

Die begroting maak steeds voorsiening vir buitensporige uitgawes, soos werknemer-verwante uitgawes wat meer as R2.3 miljard beloop.

Daar word onderskeidelik R107 miljoen en sowat R116 miljoen vir oortyd en prestasiebonusse begroot. Gesien in die lig van die swak dienslewering van die munisipaliteit, moet hierdie bedrae ernstig bevraagteken word.

Dit is onverklaarbaar dat die hoof finansiële beampte, wat deur die nasionale regering gestuur is om Mangaung by te staan op die pad na finansiële herstel, enige uitgawe rondom die ontbinde metropolisie toelaat. Hiervoor word R6,3 miljoen begroot.

Die ANC-beheerde metro lewer gebrekkige dienste en die belastingbetalers van die metro kry nie die basiese vyf dienste wat noodsaaklik is nie, naamlik water, elektrisiteit, riolering, vullisverwydering en paaie.

Inwoners is bereid om vir dienste te betaal, maar dan moet die dienste gelewer word.

Huishoudelike vullisverwydering word verhoog met 4.8%, maar vullis word sporadies en soms vir weke aaneen nie verwyder nie. Watertariewe sal op die glyskaal met 8.44% verhoog. Dit terwyl Pellissier en ander woonbuurte gereeld vir dae aanmekaar sonder water is.

Dit is weereens ‘n ANC-saamgeflansde begroting en die amptenare wat deur die nasionale regering aangestel is, het geen verskil gemaak nie. Die begroting is inteendeel swakker as vorige begrotings.

Die inwoners van Mangaung verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.