Die Vryheidsfront Plus het ‘n prokureursbrief aan die hoofsweep van die Mangaung-metroraad gestuur waarin hy versoek word om die opposisieraadslede om verskoning te vra tydens die raadsvergdering van 30 Junie 2016, asook in die media.
Die regsoptrede teen die hoofsweep, raadslid ZE Mangcotywa, is geneem in reaksie op die uitlating van die hoofsweep dat opposisieraadslede skelms en bedrieërs (“crooks and fraudsters”) is. Selfs na beswaar deur dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, raadslid van die VF Plus in die metro, het hy nie hierdie woorde teruggetrek nie.
Aangesien die Speaker die raadsaal verlaat het toe hierdie opmerking gemaak is, het die hoofsweep nie privilegie geniet nie en dus is sy opmerking laster.
Indien die hoofsweep nie om verskoning vra, soos versoek nie, mag die VF Plus verdere regstappe neem.
Dr Elizabeth Snyman van Deventer
082 305 1540