Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mangaung-begroting bied (weer) geen oplossings nie

Die Mangaung-metro-munisipaliteit (MMM) kan nie bekostig dat die ANC voortgaan om betalende inwoners se geld te mors met halfhartige en doellose begrotings wat nie die behoeftes van die metro aanspreek nie.

Die kapitaalbegroting van die MMM wat Dinsdag, amper twee weke na die wetlik-verpligte datum voor die stadsraad gedien het, is bloot ‘n herhaling van die vorige finansiële jaar se begroting. Dit wil voorkom asof die begroting van die vorige jaar net so gebruik is, met slegs die datum wat aangepas is.

Die ANC het nie ‘n duidelike plan om Mangaung se finansiële en diensleweringskwessies aan te spreek nie. Intussen kom die voortslepende krisis met instandhouding van infrastruktuur, soos paaie en waterpype, inwoners duur te staan.

Die ANC se krisisbestuur bring nie broodnodige ekonomiese groei in die metro nie. Die VF Plus sal voortgaan om die metro verantwoordelik te hou en begrotingsafwykings te moniteer om te keer dat ‘n onnodige aansuiweringsbegroting verder deur die ANC vermors word.

Die tyd het aangebreek dat kiesers op 8 Mei vanjaar saam met die VF Plus terugslaan teen die ANC se gebrek aan politieke integriteit om daadwerlkike oplossings vir diensleweringsprobleme te bied.

Die VF Plus het reeds suksesse in die veelpartyregerings regoor die land bereik en wil dieselfde hoop vir Vrystaters bring.

Medianavrae: 084 206 3375

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.