fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung: ANC-faksiegevegte sal nie VF Plus se bereidwilligheid om te dien van stryk bring nie

Die ANC se faksiegevegte in die Mangaung-metro-munisipaliteit dra direk by tot die wanfunksionaliteit van die werksaamhede en beplanning van die metro. ‘n Spesiale raadsvergadering is vandag vir die derde opvolgende keer gekanselleer omdat die ANC slegs 20 van sy 58 raadslede kon mobiliseer vir dié vergadering.

Alhoewel die ANC ‘n volstrekte meerderheid in die metro is, is die interne spanning so groot dat daar nie ‘n kworum vir vandag se vergadering behaal kon word nie.

Daar sou by vandag se vergadering belangrike besluite voor die raad gedien het, onder andere die aanpassing van die diensleweringsplan en prestasie-ooreenkomste van die topbestuur.

Die feit dat die aangepaste diensleweringsplan vir die metro nie bespreek en goedgekeur kon word nie, is tot nadeel van die inwoners van die metro. Dit is duidelik dat die ANC nie in belang van die metro en sy inwoners optree nie en dat daar verandering nodig is.

Alhoewel die ANC poog om die metro se bedrywighede en dienslewering weens faksiegevegte in die wiele te ry, sal die VF Plus aanhou om alles in sy vermoë te doen om dienslewering vir inwoners op ‘n daaglikse basis te verbeter.

Die VF Plus los daagliks talle diensleweringsprobleme in die metro op en sal aanhou om in die belang van inwoners op te tree waar die ANC hul faal.

Navrae: 082 305 1540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.