Die Vryheidsfront Plus het die Vrystaatse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Limakatso Mahasa, dringend versoek om agterstallige subsidies aan nie-regerinsgorganisasies (NGO’s) uit te betaal.
Die departement se onvermoë om NGO’s, soos Engo in die Vrystaat, te betaal weens gebrekkige finasieringsmodelle skep die indruk dat die ANC bloot nie vir armes omgee nie.
Die LUR as politieke hoof van die departement wys met haar verontagsaming van ‘n vyfde hofbevel om haar departement se kostemodelbeleid aan te pas, dat sy nie die politieke wil het om kritiese dienste en hulpbronne vir die mees kwesbares in die provinsie te verskaf nie.
Nie net tree Mahasa en haar departement téén die soveelste hofbevel op nie, maar plaas hierdie organisasies in ‘n onmoontlike finansiële situasie en verhinder derduisende kinders en bejaardes om versorg te word.
Nie-regeringorganisasies speel ‘n belangrik rol om maatskaplike welvaart in ons gemeenskappe te verseker, maar kan dit nie bekostig as ‘n belangrike bron van inkomste, naamlik die departement van maatskaplike ontwikkeling, as vennoot nie hulle hande versterk nie.
Die VF Plus sal in die portefeuljekomitee vir maastskaplike dienste in die Vrystaatse Wetgewer vra waarom Mahasa se departement aanhou sloer om die hofbevel na te kom en ‘n finansieringsmodelbeleid te implementeer.
Kontaknommers: 082 490 6663