Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

LUR boelie Afrikaanse skole

Die VF Plus het vandeesweek ’n beroep op alle Afrikaanse skoolbeheerliggame in Tshwane gedoen om hulle nie deur die LUR vir Onderwys in Gauteng te laat boelie nie.

Sakkie du Plooy, VF Plus-stadsraadslid in Tshwane, verwys na mnr. Panyaza Lesufi se voorstel om Afrikaanse skole in dubbelmedium skole te verander.

“Indien LUR Lesufi oor die onderwys bekommerd was, moes hy ook voorstel dat Engelse medium skole ‘n dubbelmedium leerplan volg. Daar is baie Afrikaanssprekende leerlinge wat naby Engelse skole woon maar verder moet ry na Afrikaanse skole.

“Dit is duidelik dat mnr. Lesufi nie probleme met onbenutte ruimte het nie, maar slegs met Afrikaanssprekende leerders,” sê du Plooy.

Rdl. Du Plooy het ook verwys na duisende kinders wie se moedertaal Zoeloe of Sotho is wat dringend skole en addisionele klaskamers benodig.

“Die konsep dat Afrikaanssprekende leerders eerder in Engels onderrig moet word, is bloot ’n mite. Afrikaanssprekende leerders is gemaklik in Engels weens die hoë standaarde by sulke skole.

’n Afrikaanse skool wat na ’n dubbelmedium oorskakel, moet reuse aanpassings maak. Dit plaas groot druk op alle beskikbare hulpbronne. Sodra ’n skool vir ’n tweede taal voorsiening maak moet:

Baie Afrikaanse skole het nie die middele om dit in werking te stel nie.

Dit is nie Afrikaanse skole se skuld dat voorheen benadeelde gebiedskole onderpresteer soos daar beweer word nie. As dit in Afrikaanse skole goed gaan, is dit omdat die skole goed bestuur word en die onderwysers op gedissiplineerde wyse en met toewyding hul onderrigtaak verrig.

Die VF Plus doen ’n beroep op mnr. Lesufi om sy politieke speletjies te staak.

“Hou op om allerlei planne uit te dink en af te breek waar dit goed werk. Gebruik liewer die miljarde in die onderwysbegroting om die gehalte onderrig in skole wat onderpresteer, te verbeter. As LUR Lesufi nie weet hoe nie moet hy liewer bedank.

Mnr. Lesufi word aangeraai om te begin bou aan die onderwysers van onderpresterende skole. Sorg dat alle onderwysers doen waarvoor hulle betaal word en dit deeglik doen:

Die Minister van Onderwys word aangeraai om te sorg dat skole behoorlike fasiliteite het – die Gauteng Departement van Onderwys het vir die 2015/2016 boekjaar R199,624,000,000 beskikbaar gestel. Ons as belastingbetalers het gesorg dat die geld beskikbaar is. Bestuur dit behoorlik sonder vermorsing en korrupsie.

As LUR Lesufi in opdrag van Luthuli-huis staan, moet die ANC hul onderwys-agenda duidelik uitspel. Is dit om af te breek wat goed werk of is dit om op te bou sodat al ons kinders kan vorder en sinvol voorberei word.

 

Rdl. Sakkie du Plooy

sakkiedup@gmail.com

083 448 9473

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.