fbpx
Vryheidsfront Plus

Lourierpark-besetters word verwyder ná volgehou druk op Mangaung-metro

Die Mangaung-metro het eindelik ná volgehoue druk van die VF Plus en ander rolspelers begin om die onwettige besetters in Lourierpark, suid van Bloemfontein, te laat verwyder. Die Rooimiere het met eerste lig begin om strukture te verwyder.

Die metro het op Saterdag 2 Maart ʼn dringende hofbevel teen die besetters verkry, maar het versuim om dit uit te voer.

Die VF Plus het twee aanmanings gestuur aan onderskeidelik die stadsbestuurder, mnr. Sello More, sowel as die burgemeester, mnr. Gregory Nthatisi, waarin hulle op terme geplaas is.

Die aanmanings het onder meer bepaal dat die VF Plus hulle van minagting van die hof sal aankla en versoek dat die hofonkoste van hulle persoonlik verhaal moet word indien die hofbevel nie onmiddellik uitgevoer word nie.

Die VF Plus het daarbenewens ook met die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola asook die minister van polisie, mnr. Bheki Cele, geskakel oor die aangeleentheid.

Die party het versoek dat die polisie daadwerklik optree teen die onwettige besetters gesien in die lig van die bepalings van die hofbevel dat ʼn sterk polisie-teenwoordigheid die gemeenskap se veiligheid moet verseker en misdadigheid in die gebied moet voorkom.

Dringende aanmanings is ook aan die plaaslike polisiebestuur en balju gestuur.

Die hof het die dringende hofbevel van Saterdag in openbare belang toegestaan en besluit dat die onwettige grondbesetting op ʼn dringende basis gestop moet word. Dit is nie vir die burgemeester of stadsbestuurder om te besluit of die bevel uitgevoer moet word al dan nie.

Die besetters moes Saterdag al in hul spore gestuit gewees het, maar die gesloer om die hofbevel uit te voer, het die situasie net verder handuit laat ruk.

Alhoewel die VF Plus se regspan sy eie dringende aansoek aan die hof voorberei het, het die party besluit om ʼn vroeëre aansoek te steun ten einde tyd te bespaar om sodoende dringend verligting te bring vir die inwoners van Lourierpark en omliggende gebiede.

Die onwettige besetting van munisipale grond wat glo deur ANC-raadslede aangemoedig is, is ‘n uiters gevaarlike verkiesingsfoefie van die ANC.

Dit is ‘n desperate poging van die regerende party om in die laaste drie maande voor die verkiesing vir mense te gee wat hulle al 30 jaar belowe, maar faal om te lewer.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle gemeenskappe om waaksaam te wees vir soortgelyke situasies en dit dadelik aan te meld voordat dit eskaleer.

Die ANC is ‘n kanker wat Suid-Afrika vir sy eie gewin verteer. Kiesers moet van hom ontslae raak ten einde Suid-Afrika te kan herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.