fbpx
Vryheidsfront Plus

Limpopo se LUR vir landbou weet niks van boerdery af nie

In sy 2023/24-begrotingsrede verwys Limpopo se LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, mnr. Thabo Mokone, na die slagspreuk wat sy departement aanvaar het waarin daar na boerdery verwys word as “ontspanning vir sommige”. Dit is kwetsend en wys dat Mokone geen benul het van boerdery nie.

Die slagspreuk lui: “Evangelising agriculture and food production to be a culture by all, no longer just a leisure for some”

Die woord “evangeliseer” beteken ‘om te bekeer’ of ‘om iemand tot die Christendom te probeer bekeer’. As Christelike party is die gebruik van die woord in hierdie slagspreuk onvanpas.

Om voor te stel dat die boere in Limpopo, wat voedsel aan die provinsie en die land lewer sonder hulp van die departement van landbou, dit bloot vir ontspanning doen, toon dat die LUR swak ingelig is en dat die slagspreuk in swak smaak is.

Die departement kla oor die prys van kunsmis terwyl daardie einste hardwerkende boere agteroor buig en die verhoogde pryse betaal omdat hulle met integriteit die verantwoordelikheid aanvaar om voedsel te produseer.

Dit is nie ontspannend vir boere om die hele tyd in vrees te leef vir ʼn moorddadige aanval nie. Ook nie wanneer hulle openbare paaie moet regmaak en in stand hou om produkte aan die markte te lewer nie. Dit is nie ontspanning om vir bykomende veiligheidsmaatreëls te betaal omdat hul pype, kragkabels en sonpanele daagliks gesteel word nie. En dit is gewis nie ontspannend wanneer uitmergelende droogtes ervaar word nie.

Boonop doen boere dit nie net vir hulself nie, maar ook vir hul werkers.

Die boere in Limpopo wat dit vir ontspanning doen, is diegene wat ten volle funksionele plase gekry het sonder die nodige kundigheid om dit met niksdoen die grond in te bestuur totdat daardie plase tot niet gaan en nie bydra tot voedselproduksie, werkskepping of die ekonomie nie.

Boerdery is nie ‘n ontspanning nie, dit is harde werk en dit wil voorkom of hierdie departement onwetend erken dat hy misluk deur so ’n slagspreuk te aanvaar.

Limpopo verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.