fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesedi-gemeenskap skop teen oopgroef-steenkoolmyn

Die VF Plus steun die Lesedi-gemeenskap (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) in hul teenkanting vir die oprig van ‘n oopgroef-steenkoolmyn en ‘n watersuiweringsaanleg op die plaas Bloemdal buite Springs.

Die myn, wat oor ‘n oppervlak van meer as 11 000 hektaar sal strek, bedreig die omliggende natuurlewe en mynwater kan ondergrondse water besoedel en ongeskik maak vir gebruik.

Indien die myn-aansoek slaag, kan dit die Ramsar-vleilande besoedel en gevolglik ook die Blesbokspruit wat die Vaalrivier se grootste voedingsbron is. Die moontlikheid bestaan verder dat die Marieval-voëlpark, waar 6 verskillende watervoëls voorkom, ook in gedrang kan kom.

Inwoners het hul misnoeë uitgespreek oor die beplande ontwikkeling tydens die eerste openbare vergadering op 11 Julie in die Vischkuil / Endicotte-gemeenskapsaal.

Die party sal voortgaan om komende openbare vergaderings by te woon om te verhoed dat inwoners van Lesedi benadeel word.

Kontaknommers: 072 547 0481

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.