fbpx
Vryheidsfront Plus

Langeberg-plaaslike munisipaliteit ontneem weerloses van behuising

Die VF Plus is oorval met klagtes van bejaarde inwoners van die Fraai Uitsig-munisipale woonstelle in Ashton en die Le Roux-woonstelle in Montagu nadat die huur verhoog is by dié laekoste-behuisingskomplekse.

Die inwoners ontvang meestal net SASSA-toelaes as maandelikse inkomste en die woonstelle het nou vir hulle onbekostigbaar geraak.

Die Langeberg-plaaslike munisipaliteit (Ashton, Bonnievale, McGregor, Montagu, Robertson) het die subsidie op die woonstelle onlangs sonder kennis opgehef.

Die Fraai Uitsig-woonstelle is in die jare tagtig opgerig as behuising vir hulpbehoewendes, met voorkeur aan munisipale werkers wat nie ander behuising kon bekostig nie.

Dit is onaanvaarbaar dat die deernis-subsidie verwyder is. Die munisipaliteit is bewus van die inwoners se moeilike finansiële omstandighede en daarom beskou die VF Plus dit as onaanvaarbaar van die munisipaliteit om sonder enige vooraf kennisgewing die subsidie af te skaf.

Inwoners wat nie die verhoogde huur kan betaal nie, sal die woonstelle moet verlaat.

Die VF Plus beveel aan dat die huidige inwoners steeds die deernis-subsidie ontvang tot hulle uittrek of afsterf. Nuwe intrekkers kan aangeslaan word volgens die nuwe tariewe.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die waarnemende munisipale bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit, mnr. A Everson, die redes agter die besluit van die opskorting van die deernis-subsidie en verhoogde huur gevra.

Dis onaanvaarbaar dat weerlose bejaardes op straat kan beland weens ‘n munisipaliteit se onverskillige besluite.

Navrae: 076 296 2285

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.