fbpx
Vryheidsfront Plus

Kritieke vakatures by Mpumalanga-wetgewer wys hoe wanfunksioneel die provinsie se bestuurstelsel is

Die Mpumalanga-regering sal oënskynlik eerder ondergaan voordat hy weens regstellende aksie (RA) bekwame mense in bestuursposte in die wetgewer aanstel.

Die VF Plus het verlede week 'n dringende mosie oor die kwelpunt ingedien waarna dit vanoggend (Vrydag) in die wetgewer gedebatteer is.

Daar is te veel staatsdepartemente en -entiteite wat geen bestuurshoof het nie, of waar die pos deur 'n tydelike persoon gevul word.

Beide die departemente van gesondheid en ekonomiese ontwikkeling en toerisme het al vir maande geen departementele hoof nie.

In stede daarvan om terugvoer oor die vakante poste te gee, het die ANC eerder die jongste munisipale ingrypingsmodel voorgehou as die antwoord op swak dienslewering.

Daar sal egter niks kom van die ANC se beloftes om basiese dienslewering by munisipaliteite op te knap as dienstegelde nie ingevorder word en bevoegde mense nie in sleutelposte aangestel word nie.

Aanhoudende diensleweringsbetogings in die provinsie is aanduidend van onvoldoende aangespreekte probleme in die openbare sektor.

Die oorsake van hierdie betogings kan nie net toegeskryf word aan munisipaliteite se treurige prestasie nie.

Dit is duidelik dat iets ernstiger hierdie probleme onderlê, wat moontlik onderprestasie in alle sfere van die regering behels.

Dit sluit in onbevoegde staatsamptenare, 'n gebrek aan aanspreeklikheid, swak menslike hulpbronpraktyke, onvoldoende verkrygingspraktyke en 'n gebrek aan leierskap.

Bevindinge met betrekking tot die uitgawebestuur-tema kom jaarliks voor in die provinsiale ouditeur-generaal-verslae. Dit dui daarop dat openbare fondse nie op 'n effektiewe en doeltreffende wyse bestuur word nie.

Die bevindinge wat die meeste voorgekom het, was onmededingende en onbillike verkrygingsprosesse en interne beheer-tekortkominge in uitgawebestuur.

Hierdie bevindinge impliseer 'n gebrek aan interne finansiële beheermaatreëls en 'n algemene gebrek aan vermoë en vaardigheid binne die finansiële departemente van staatsentiteite wat ontleed is.

Indien hierdie probleme se grondoorsake nie reggestel word en bekwame mense nie in oorsigposte aangestel word nie, kan nienakoming binnekort die norm en deel van die openbare sektor-omgewing se kultuur word.

Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.