fbpx
Vryheidsfront Plus

Kouga-inwoners genooi om kommentaar te lewer oor voorstel vir eiendomsbelasting-korting vir pensioenarisse

Inwoners van die Kouga-plaaslike munisipaliteit (Cape St Francis, Hankey, Humansdorp, Jeffreys Bay, Loerie, Oyster Bay, Patensie, St Francis Bay, Thornhill) word uitgenooi om kommentaar te lewer op die VF Plus se voorstel oor eiendomsbelasting-korting vir pensioenarisse.

Die onlangs hersiene waardasierol vir eiendomme in Kouga gaan pensioenarisse finansieel negatief beïnvloed.

‘n Styging van R100 000 op ‘n eiendom van R1 miljoen beteken ‘n pensionaris sal R80,71 per maand meer eiendomsbelasting sal moet betaal.

Indien die eiendomswaarde met R500 000 toeneem op ‘n eiendom van R1 miljoen, sal dit R403,55 per maand meer wees. Indien die waarde verdubbel, is dit R807,10 meer.

Pensioenarisse in Kouga word reeds finansieel oorweldig met die voortdurende styging in voedsel- en brandstofpryse en verhogings van munisipale en kragtariewe.

Dit laat hulle met minder besteebare inkomste om hul lewenskoste te dek.

Die idee van munisipaliteit om die hoër eiendomswaardasies oor ‘n tydperk in te faseer om die impak daarvan op eiendomseienaars te verminder, maak nie sin as dit kom by pensioenarisse nie.

Kouga se verordening op eiendomsbelasting maak geen voorsiening vir eiendomsbelasting-kortings vir pensioenarisse nie.

Om dié rede wil die VF Plus voorstelle by die munisipale raad indien om pensioenarisse tegemoet te kom.

Die voorstelle behels twee kategorieë: Die eerste vir die ouderdomsgroep 60 tot 69 jaar en dan vir mense ouer as 70.

Die kriteria waaraan pensioenarisse tussen 60 en 69 jaar moet voldoen, is die volgende:
• Moet eienaar wees van die eiendom waarop eiendomsbelasting gehef word;
• Moet permanent op die eiendom woon;
• Totale waarde van die eiendom, grond en verbeterings, mag nie R3 miljoen oorskry nie.

Die VF Plus se voorstel vir bogenoemde groep bestaan uit drie kortingskategorieë:

• Pensioenarisse afhanklik van 'n maatskaplike toelaag – 100% korting;
• Pensioenarisse met ‘n bruto maandelikse inkomste van minder as R12 000 per maand – 100% korting;
• Pensioenarisse met ‘n bruto maandelikse inkomste van meer as R12 000, maar minder as R20 000 per maand – 50% korting.

Die VF Plus se voorstel vir pensioenarisse ouer as 70 jaar behels ‘n 100% korting ongeag inkomste en waardasie van eiendom.

Kommentaar oor bogenoemde voorstelle kan voor 3 Maart gestuur word aan Miggie van der Linde by die volgende e-posadres: vanderlindem@vfplus.org.za

Die VF Plus sal die voorstelle en kommentaar van inwoners voorlê aan die munisipale raad vir oorweging.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.