fbpx
Vryheidsfront Plus

Korrekte hantering van Jagersfontein-ramp moet skade en tragedie beperk

Optrede by die Jagersfontein-ramp moet omvattend geskied om langtermyn-gevolge en verdere tragedie te voorkom.

Die VF Plus eis dat die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, die geraakte gebied onmiddellik tot rampgebied verklaar en openbare toegang beperk.

Die rioolaanleg van Jagersfontein is in die watermassa vernietig. Water- en elektrisiteitsvoorsiening na die dorp is ook ontwrig.

Dit is uiters dringend dat dié infrastruktuur spoedig herstel word sodat dienslewering hervat kan word.

Die VF Plus sal die hoof uitvoerende beampte van Bloemwater versoek om die beskikbare boorgate onder sy beheer in die dorp te benut om water aan die reservoir beskikbaar te stel.

Die VF Plus se LP in die NRP, Adriaan de Bruyn, en 'n VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, Armand Cloete, is sedert Sondag op die toneel en neem waar dat inwoners toegelaat word om die slikgebied te betree.

Die slik bevat waarskynlik gifstowwe soos arseen wat moontlike gesondheidsrisiko’s vir mens en dier inhou.

Die VF Plus loof die spoedige optrede van die nooddienste, maar wil die regering daarop wys dat kortstondige oplossings nie genoegsame hulp aan die Jagersfontein-gemeenskap is nie.

Die langtermyn-effek van die ramp moet ook verreken en bestuur word.

Die tragedie is waarskynlik deur nalatigheid veroorsaak en 'n volledige ondersoek moet gedoen word om aanspreeklikheid te bepaal.

Daar moet ook dringend opgetree word om te voorkom dat die tweede damwal ook bars.

Die party sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat omvattende rehabilitasie van die grondgebied en gemeenskap geskied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.