fbpx
Vryheidsfront Plus

Kemptonpark se kragnetwerk verswak daagliks

Kragkabels wat woongebiede in Kemptonpark van krag voorsien is só vrot dat dit daagliks lang onderbrekings veroorsaak.

Gebiede soos Bonaeropark, Birchleigh, Bredell, Aston Manor, Edleen en Pomona ondervind elke dag kragonderbrekings.

Die Ekurhuleni-metro kan die kragnetwerk na ‘n beurtkrag-periode nie weer aankry nie wat inwoners vir twee tot vier dae sonder krag laat.

Die kabels wat die metro se instandhoudingspanne uitgrawe om te vervang, verbrokkel letterlik in jou hande.

Die VF Plus is bevrees dat die kragnetwerk binnekort totaal sal verval.

Ekurhuleni is besig om die groot 66Kv-kragnetwerk te vervang en die VF Plus sal druk op die metro plaas om die netwerk wat woonhuise bedien, te prioritiseer.

Die VF Plus, as koalisievennoot, sal alles in sy vermoë doen om dienslewering in Kemptonpark op te skerp.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.