fbpx
Vryheidsfront Plus

Karoo-Hoogland: Pasgebore baba sterf omdat geen ambulans in Fraserburg beskikbaar is

’n Jong moeder van Fraserburg in die Karoo-Hoogland-plaaslike munisipaliteit (Fraserburg, Sutherland en Williston), kon haar pasgebore baba minder as ’n uur vashou voordat hy oorlede is omdat geen ambulans vir noodgevalle beskikbaar was nie.

Dié dorp se ambulans is buite werking, wat beteken dat ’n kliniek die enigste beskikbare mediese diens is.

Die naaste beskikbare ambulans is in Sutherland, 108km met ’n grondpad daarvandaan.

In Calvinia (208km daarvandaan) is ’n plaaslike hospitaal wat verwys na die Enver Surtie-hospitaal in Upington (492km ver) vir groter prosedures.

Vinnige reaksie van ’n plaaslike ambulans om noodgevalle te hanteer, is dus deurslaggewend.

Nadat me. Catherine Constabel (23) Saterdagaand 4 Februarie om omstreeks elfuur op ’n plaas in die distrik in kraam gegaan het, het sy die nooddiens in Fraserburg gebel. Daar was geen antwoord nie.

Haar lewensmaat, mnr. Francisco Roos, het selfs die polisie om hulp geskakel, maar daar was ook geen antwoord nie.

Teen vieruur Sondagoggend 5 Februarie het hulle die plaaseienaar, mnr. Pieter le Roux, wat in die Boland woon, om hulp geskakel. Hy het met die nooddienste in Sutherland en Upington kontak gemaak, waar die antwoord bloot was dat Fraserburg se ambulans buite werking is.

Me. Constabel se baba is vyfuur Sondagoggend gebore, maar het kort daarna gesterf.

Om elfuur die oggend het ’n ambulans wel uit Sutherland opgedaag, maar sy was reeds dorp toe om die afsterwe van haar kind aan te meld.

Twee weke tevore het die VF Plus met mnr. Ayabongi Somi, hoof van die provinsiale nooddiens in die Namakwa-distrik vergader en daar is bevestig dat Fraserburg geoormerk is vir ‘n werkende ambulans.

Die VF Plus sal die druk volhou om te sorg dat die plaaslike inwoners 'n menswaardige diens ontvang.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.