fbpx
Vryheidsfront Plus

Kanse skraal dat nuwe ANC-premier in Noordwes die chaotiese provinsiale regering sal kan regruk

Die kanse is skraal dat die nuwe ANC-premier in Noordwes, Bushy Maape, die chaotiese provinsiale regering sal kan regruk. Maape is vandag aangewys as premier met ‘n verkiesing in die provinsiale wetgewer. Dit volg op maande van onstabiliteit in die provinsiale regering weens ANC-faksiegevegte wat gelei het tot die bedanking van dr. Job Mokgoro, die vorige premier.

Noordwes lei jare reeds onder wanbestuur, korrupsie en ANC-faksiegevegte van opeenvolgende ANC-regerings. Die provinsie is reeds byna tot oor die afgrond bestuur.

Die feit dat Maape geen bewese ervaring in regeringsbestuur het nie wek ook kommer. Die verantwoordelikheid val egter nou op hom om Noordwes uit die gemors waarin die ANC die provinsie gedompel het, te trek.

Die VF Plus sal volhou om die premier en die ANC in die provinsie verantwoordbaar te hou en wanbestuur en korrupsie uit te wys.

Met die stand van verval van regeringstrukture en -dienste in die provinsie, word sterk professionele leierskap nou benodig om hierdie eens welvarende provinsie te red.

Kiesers moet in die komende verkiesings saam met die VF Plus opstaan en saamstaan om te verseker dat sterk en verantwoordbare regering op alle vlakke in die Noordwes herstel word.

Navrae: 082 529 3001

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.