fbpx
Vryheidsfront Plus

Johannesburgse verbruiker boet vir City Power se

Dit is jammer dat die Johannesburgse elektrisiteitsverbruik moet boet vir die R1,3 miljard verliese van City Power. Die belastingbetaler van Johannesburg Stad moet reeds ‘n 14% verhoging absorbeer wat vandeesmaand in werking gestel is, sê rdl. Franco de Lange, VF Plus-raadslid in Johannesburg.

“’n Onlangse forensiese verslag dui daarop dat City Power ‘n verlies van R1,3 miljard gedurende die boekjaar Junie 2014 tot April 2015 gelei het. Dit was gedeeltelik as gevolg van onwettige koppelings van voorafbetaalde meters op besigheidspersele.

Die VF Plus in Johannesburg vra die vraag hoe is dit moontlik dat voorafbetaalde elektrisiteitmeters aan besighede, wat meer as 100 KVA gebruik, deur City Power se eie kontrakteurs geïnstalleer word as dit teen die wet is.

Dit is skokkend dat City Power 14,7 % van hulle elektrisiteit-inkomste tussen Januarie en Maart verloor het terwyl die mikpunt sowat 4,95% was.

“Daar sal altyd ‘n mate van elektrisiteitdiefstal in Afrika wees maar wanneer ‘n staatsbeheerde organisasie deur eie toedoen en korrupsie die grootste deel van verliese uitmaak, wonder die VF Plus waar gaan dit eindig. Is dit dalk een van die hoofredes hoekom Eskom ‘n verhoging van 25% voor die verbruiker se beursie lê?

"Daar sal moet rekenskap gegee word en kriminele klagtes teen City Power en amptenare gemaak word, waar onwettige aksies plaasgevind het.”

“Die VF Plus voel sterk oor die saak en daarom kan die verbruiker nie langer die las van wanbestuur en korrupsie in City Power en Eskom dra nie,” het rdl. de Lange gesê.

 

Rdl. Franco de Lange,

VF Plus Raadslid: Johannesburg

082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.