Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Johannesburgse metro-polisieman in kop geskiet – R100 000 beloning

Die VF Plus in Johannesburg ondersteun die owerhede se daadwerklike optrede en versekering om alles in hul vermoë te doen om wetteloosheid te bekamp en die veiligheid van hul offisiere te verseker.

Dié optrede volg na ‘n skietery gister in Booysens, Johannesburg, waartydens ‘n metro-polisiebeampte in die kop geskiet is. ‘n Uitgebreide soektog na die verdagtes is tans besig.‘n Beloning van R100 000 is uitgeloof vir die inhegtenisname en skuldigbevinding van die boosdoeners.

Die VF Plus veroordeel die vlaag van wetteloosheid en sal geen steen onaangeroer laat om te help om die stad van Johannesburg misdaadvry te maak nie.

Mense met inligting oor die voorval kan Johannesburg-metro se polisiehoof, David Tembe, by 074-534-9833 skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Kontaknommer 082 358 3882

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.