fbpx
Vryheidsfront Plus

JB Marks se ANC-leierskap en amptenare loop risiko van regsaksie weens laksheid met hervestiging van onwettige grondbesetters

Die JB Marks-plaaslike munisipaliteit en sy ANC-bestuurders stel hulself bloot aan regsaksies weens hul onverskillige hantering van hofbevele oor onwettige grondbesetters by Potchefstroom.

Die VF Plus het in ‘n dringende skrywe aan die ANC-burgemeester, Gaba Ka Qhele, en die speaker in die munisipale raad, Moithoesi Dassie, daarop gewys dat die munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, moet ag slaan op bevele van die hof.

Verskeie hofuitsprake oor die persoonlike aanspreeklikheid van munisipale ampsdraers en amptenare weens pligsversuim in soortgelyke omstandighede is uitgewys.

Hierdie skrywe volg nadat die munisipale raad reeds in November 2022 die VF Plus se versoek eenparig gesteun het dat dringende stappe geneem word vir die uitvoering van die gebiedende hofbevele.

Die bevele bepaal dat die onwettige grondbesetters in Mooibank net buite Potchefstroom voor 31 Januarie 2023 die gebied moet verlaat.

Die plaaslike landbougemeenskap ly reeds sedert Januarie 2021 onder die gevolge van die onwettige optrede van die besetters.

Kanaalwater is besoedel, misdaad in die gebied het toegeneem en daar was selfs gevalle van geweld waar plaaslike motoriste aangeval is.

Die VF Plus het in die raadsvergadering van 29 November ook beklemtoon dat daar reeds voldoende gesoneerde erwe beskikbaar is vir die hervestiging van die grondbesetters.

In hierdie laat stadium is dit duidelik dat die ANC-beheerde munisipaliteit nog geen stappe geneem het om te verseker dat hy sy wetlike verpligtinge in terme van die hofbevele sal kan nakom nie.

Die VF Plus eis ook dat ‘n dringende raadsvergadering belê word om die dreigende krisis te bespreek om seker te maak die munisipaliteit word verantwoordbaar gehou.

Hierdie laksheid en skynbare minagting van die oppergesag van die reg blyk ‘n reeds ingewortelde deel van die ANC se kultuur te wees.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.