fbpx
Vryheidsfront Plus

JB Marks-ontwikkeling: ANC moet eers rioolprobleem aanspreek

Die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Ventersdorp, Potchefstroom) moet eers sy voortslepende rioolprobleem aanspreek voordat die beplande N14-ontwikkelingsprojek oorweeg kan word.

Die VF Plus sal in die raad vrae stel om uit te vind of ‘n behoorlike impakstudie vir die projek op Ventersdorp gedoen is en wat die bevinding van die studie was. Die munisipaliteit sal ook gevra word om sy plan van aksie rakende die rioolkrisis bekend te maak.

Die VF Plus is besorg oor die projek wat 'n inkopiesentrum en behuising insluit. Die bestaande riool-infrastruktuur funksioneer tans nie effektief nie en enige ontwikkeling sal die rioolwerke op die dorp onder meer druk plaas.

Ventersdorp is een van die dorpe wat aandadig is aan die besoedeling van die Vaalrivier weens swak rioolbestuur. Die N14-ontwikkeling sal veroorsaak dat duisende liter bykomende rou riool in die reeds besoedelde Schoonspruit vloei. Die spruit vloei uiteindelik in die Vaalrivier.

Die pompstasie naby Tshing se opgaardam loop reeds maande lank oor. Riool word tans langs 'n alternatiewe sloot gekanaliseer aangesien bestaande rioollyne verstop is .

Enige ontwikkeling om behuising te bied en die plaaslike ekonomie te stimuleer is van kritieke belang om JB Marks te versterk . Die ANC se mislukkings met rioolbestuur by munisipaliteite beloof egter niks goed nie.

Die VF Plus sal die proses met die N14-ontwikkeling dophou en die ANC verantwoordbaar hou aan sy verantwoordelikheid om ‘n skoon en veilige omgewing te verseker.

Kontaknommer: 079 885 1135

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.