fbpx
Vryheidsfront Plus

JB Marks-munisipaliteit weer laat met begroting

Die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) het weereens in gebreke gebly om die nuwe konsepbegroting binne die wetlik voorgeskrewe tyd ter tafel te lê. Volgens die tersaaklike wetgewing moet die jaarlikse konsepbegroting nie later nie as 1 April in die raad ter tafel gelê word.

Die tydlyne vir die ter tafellegging van munisipale begrotings is juis so voorgeskryf dat politieke partye en gemeenskappe genoeg tyd het om insae te kry en insette te lewer in die prioritisering van munisipale begrotings.

Hierdie prosesse van openbare deelname in die besteding van gemeenskappe se belastinggeld is ‘n kernbelangrike pilaar van die demokrasie op plaaslike regeringsvlak.

Behalwe vir die feit dat hierdie ANC-beheerde munisipaliteit die wetlike voorskrifte weereens blatant ignoreer, word die JB Marks-gemeenskap in die proses benadeel en word die geloofwaardigheid van die demokrasie op plaaslike vlak direk ondermyn.

Hierdie ondermyning van die demokrasie en die land se grondwetlike bestel deur die ANC-beheerde munisipaliteit is totaal onaanvaarbaar.

Dit is duidelik dat die ANC in die raad en sy ontplooide kaders in die munisipaliteit hulself bo die reg verhewe ag, tot nadeel van die gemeenskap wat hulle veronderstel is om te dien.

Die VF Plus teken beswaar aan teen hierdie optrede en sal die begrotingsproses monitor om te verseker dat JB Marks-gemeenskap ‘n meningsvolle bydrae tot die nuwe begroting lewer.

Plaaslike gemeenskappe moet in die komende verkiesing met hul stemme seker maak dat die ANC se beheer oor plaaslike regerings beëindig word.

Navrae: 082 415 8628

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.