Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

JB Marks-munisipale raad oortree munisipale direktiewe met onwettige raadsvergadering

Die JB Marks-munisipale raad het op 26 Mei 2020 ‘n onwettige raadsvergadering gehou nieteenstaande besware van die VF Plus-koukus dat die munisipale direktiewe van die Nasionale Rampbestuurswet sodoende oortree word.

Belangrike besluite is tydens die vergadering geneem, soos die begroting en die geïntegreerde ontwikkelingsplan wat goedgekeur is.

Die munisipale direktiewe bepaal uitdruklik dat alle raadsvergaderings gehou moet word by wyse van tele- en videokonferensies. Die VF Plus-koukus het ‘n skrywe gerig aan die voorsitter en speaker van die JB Marks-raad waarin gewys is op die onwettigheid van die vergadering.

Op die oggend van 26 Mei 2020 is wel ‘n boodskap aan lede gestuur waarin hulle genooi is om die vergadering virtueel by te woon indien hulle “ongemaklik” sou voel om dit fisiek by te woon. Nogtans het 48 raadslede in lokale in onderskeidelik die Potchefstroom en Ventersdorp fisiek vergader. Die VF Plus-koukus het hom gedistansieer van die vergadering en het die raad skriftelik van sy redes in kennis gestel.

Die VF Plus is tans deel van hofgedinge rondom die geldigheid van die Nasionale Rampbestuurswet en onderhawige regulasies en direktiewe. ‘n Suksesvolle aansoek sal wel ‘n effek hê op die geldigheid van regulasies en direktiewe wat ingevolge die wet uitgevaardig is, maar tot dan is dit afdwingbaar.

Die ANC-beheerde raad behoort ‘n voorbeeld te stel in die nakoming van regulasies en direktiewe. Daar word van gewone landsburgers verwag om wetsgehoorsaam te wees terwyl ‘n ANC-beheerde instelling die reëls buig soos wat dit hom pas.

Die VF Plus koukus sal die aangeleentheid nie daar laat nie, en sal voortgaan om die nodige klagte in te dien teen die speaker. Die party sal daarop aandring om besluite wat op die vergadering geneem is ongeldig te laat verklaar.

Kontaknommers: 072 298 0295 / 083 292 1157

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.