fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Norkempark in Kemptonpark al vyf dae sonder krag

Meer as 12 000 inwoners van Norkempark in Kemptonpark moes die afgelope vyf dae die koue trotseer en sonder warm water, ligte of verwarmers klaarkom nadat verskeie medium-spanningkragkabels (11kV) se verbindingspunte gebreek het.

Tegnici van die Ekurhuleni-metroraad in Kemptonpark is die afgelope vyf dae besig om die kabels wat na Norkempark lei, te vervang en dit sal binnekort voltooi wees.

Rhodesfield en Bonaero Park se verbindingkabels is binne drie dae reggemaak.

Dit wil voorkom asof die kabellaste wat 'n lewensduur van tien jaar het, meer as tien jaar gelede gediens is.

Probleme word ook ondervind by medium-spanningkabels (11kV) in die gebied.

Hierdie is weer ‘n voorbeeld van die voormalige plaaslike ANC-regering wat nie die kragnetwerk onderhou het nie.

Die goeie nuus is dat die eerste fase aan die 66kV-hoëspanningsnetwerk van substasies tussen Aston Manor en Cargo asook vanaf Van Riebeeckpark tot Spartan aan die einde van Junie voltooi sal wees.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.