fbpx
Vryheidsfront Plus

Inwoners van Matjhabeng ly weens watertekorte

Inwoners van die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Welkom, Virginia, Hennenman, Odendaalsrus, Allanridge, Ventersburg) gaan gebuk onder die soveelste watertekort. Dié munisipaliteit skuld die Sedibeng-waterraad meer as R3 miljard terwyl daar waterverliese van honderde miljoene rand plaasvind.

Dié uitstaande skuld aan die waterraad het daartoe gelei dat die waterraad nie chemikalieë vir watersuiwering kan aankoop nie.

Die VF Plus het die afgelope week talle vrae in die raad ingedien wat tydens die volgende raadsvergadering beantwoord moet word. Die VF Plus eis onder meer antwoorde oor die munisipaliteit se vermoë om krediteure te betaal en wat die munisipaliteit doen om sy geldsake in orde te kry.

Die ANC-beheerde raad het onder die swak leierskap van die uitvoerende burgemeester, Nkosenjani Speelman, beheer oor Matjhabeng verloor. Dienslewering is ‘n krisis en ontevrede betalende inwoners wonder tereg wat van hul munisipale gelde word.

Die ANC-regering vernietig Matjhabeng. Met die komende plaaslike regeringsverkiesing kan inwoners hierteen opstaan en saam met die VF Plus staan om ‘n sterk boodskap te stuur dat dit nie langer geduld sal word nie. Die verval kan gestop word.

Navrae: 082 886 9945

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.